Local news

Goue Jare Aftree Oord geniet samesyn

Die jaarlikse instelling by Goue Jare Aftree Oord is baie gewild en iets waarna die inwoners uitsien.

Die jaarlikse kuier-en-ken-mekaar geselligheid by Goue Jare Aftree Oord is vir die inwoners iets waarna hulle die hele jaar uitsien.

Die kuieroggend se doel is om die inwoners van Goue Jare Aftree oord, asook Hannie Hof, K-woonstelle, N-woonstelle, H-woonstelle en J-woonstelle bymekaar te laat kom om vleis te braai en mekaar beter te leer ken.

Theresa Scholtz van Goue Jare Aftree Oord, het gesê die kuieroggend is ‘n jaarlikse instelling waar almal bymekaar kom om vleis te braai en mekaar beter te leer ken.

Avbob het gesorg vir die vleis, soetigheid en koeldranke en het ook die bestanddele vir die pap, sous en slaai voorsien.

Bernadene Theron het ook by die kuieroggend opgetree.

Bernadene Theron was die gaskunstenaar vir die dag en het met haar strelende stem die inwoners toegesing.

Lede van die Golden Oldies Boere orkes was van die gaskunstenaars vir die dag.

Saam met haar was die Golden Oldies boere orkes ook teenwoordig en het gesorg vir heimwee van ou Boereliedjies wat op die donkielong en kitare getokkel was.

Inwoners van die Goue Jare Aftree Oord geniet ‘n heerlilke kuier oggend.

“Ek wil elkeen wat ons braai- en kuier oggend bygewoon het bedank asook Avbob vir hul bydraes en ons gaskunstenaars Bernadene Theron en die Golden oldies boere orkes,” het Theresa Scholtz gesê.

‘n Gesellige atmosfeer het geheers by die Goue Jare Aftree Oord tydens hul jaarlikse kuieroggend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button