Volkie hoof erken vir kreatiwiteit en oop gemoed
‘n Besondere eer vir innoverende skoolhoof van Heidelberg.
Die hoof van die Hoër Volkskool, Sias Botha is vereer met ‘n gesogte benoeming op 27 November.
Die benoeming is deel van Solidariteit Skole Ondersteunings Sentrum (SOS) vir moderne skoolleierskap en fokus op meer as net die handhawing van tradisies of prestasies.
Vereistes waaraan voldoen moet word is onder andere toewyding aan innovasie, kreatiwiteit en betekenisvolle waardes.
Dit vereis ook dat die skoolleiers met ‘n oop gemoed nuwe idees verken en uitoefen.
Die leiers word ook beoordeel deur die ruimte wat hulle bied aan hul personeel om met selfvertroue nuwe idees te ondersoek en toe te pas.
Met dié benoeming is Botha een van die top 10 finaliste van die Innoverende Hoof toekenning in die SOS Onnieveerder kompetisie.
Die ander finaliste is Rudie Fourie (Waterbergskool vir CVO), Jannie Raatyh (Laerskool Hennopspark), Gerben Janse van Rensburg (Laerskool Malelane), Hettie Smith (Laerskool Danie Malan), Benton Nortman (Hoërskool Salomon Senekal), Louis Dey (Laerskool Constantia Park), Jacques Horne (Laerskool Hendrik Louw) en André Verhoog (Laerskool Noord-Eind).