HEIDELBERG
16 Desember
Die Wilgefontein Geloftefees vind plaas vanuit die NG Kerksaal in Greylingstad. Verrigtinge begin om 09:30 en sal ‘n erediens gelei deur Bennie Marais, ‘n Feesreede gelei deur Ernst Roets asook boeresport vir die kinders insluit.
Ligte verversings sal bedien word. Kontak Stoffel Grobler by 082 452 2587 of Carla Ambrosius by 082 772 6003 vir meer inligting. (Neem kennis dat die fees na die NG Kerksaal in Greylingstad geskuif is aangesien die Wilgefontein feesterrein tydens ‘n brand op 4 Desember verwoes is).
31 Desember
Kom geniet ‘n heerlike oujaarsaand saam met die Suikerbosorkes, sanger Rudie Kraftt en lekker sokkie musiek. Bring eie piekniek mandjie en iets te drinke. Braaiers sal beskikbaar wees. Toegang is R50 per persoon. Bespreek by kantoor 016 349 5180 of by Pieter Griffin by 072 732 9025.
Weekliks:
• Christmas lights and music will be up daily during the festive season at 8 Eland Street, Jordaan Park. Bring the family from 19:00 in the evenings to experience the lightshow with synchronised music. For information contact Michael Gericke at 082 557 4624.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbosoord hou elke Donderdag om 09:40 ‘n Bingo oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbosoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbosoord oefen elke Dinsdagmiddag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing en vir die lente optrede te oefen. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbosoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 10:00 tot 14:00 die volgende mediese hulp dienste aand: Bloeddruk R10, Suiker toets R25, Cholesterol R70, BMI R25, Toedien van inspuitings R30, Skoonmaak van ore R70 en Wondsorg R50. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir navraee.
NIGEL
Weekliks:
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 9:00 at the Conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.
• Nigel SPCA has expanded their charity shop. They are selling a variety of items and invites everyone to come browse through all the great goodies and clothes. They are based at 1 Spaarwater Road Nigel. Contact Angela Morris at 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.