Local news
Personeel word erken vir harde werk by Tuiste vir Bejaardes
Sertifikate, 'n trofee en kontant is toegeken aan van die personeel vir hulle getroue diens en toewyding.
Nigel Tuiste vir Bejaardes het op 4 Desember die jaar afgesluit met toekennings van dankbaarheid teenoor personeel.
Personeel wat die jaar uitgeblink het, het erkenning ontvang vir hul harde werk, positiewe gesindheid en pligsgetrouheid.
“Die personeel het regtig baie deernis vir ons bejaarde inwoners getoon,” het Martie Gammie, die verpleegbestuurder gesê.
Verpleër, Siyanda Mboto en Bongani Mahlangu (drywer/tuinman) het elkeen ‘n sertifikaat, trofee asook kontant, vir hulle getroue diens ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



