Local news

Kersklanke lei die feestyd in

Die skool wil graag voortbou op die jaarlikse instelling.

‘n Groot groep mense het op 5 Desember in ‘n rustige atmosfeer die jaarlikse Kersklanke bygewoon, wat op Hoër Volkskool se rugbyveld aangebied is.

Volkskool se skoolhoof, Sias Botha het die verrigtinge geopen.

Volkskool se skoolhoof, Sias Botha het die verrigtinge geopen.

“Dit is die vierde jaar wat ons die Kersklanke aanbied. Ongelukkig in die verlede was twee byeenkomste afgestel as gevolg van reën en ongure weer.

“Ons wil dit as ‘n jaarlikse tradisie instel sodat die inwoners van Heidelberg hul Kersfees tydperk kan inlei met ons Kersprogram” het Botha gesê.

Elizna Odendaal het Mensekind gesing.

Verskeie gaskunstenaars het musiek tydens die vertoning gelewer.

Onder die kunstenaars was Loné Danhouzie, Welize Cronje, Elizna Odendaal, Belinda Muller, Dale Bierman, en die Hoër Volkskool Kamerkoor onder leiding van Sarita Sprong.

Welize Cronje het Christmas Day gesing.

‘n Spesiale Kersboodskap is deur Kiewiet Cloete gelewer.

Kiewiet Cloete het die Kersboodskap gegee.
Loné Danhouzie het Noel gesing.
Dale Bierman en Belinda Muller sing Little Drummer Boy.
Volkskool se Kamerkoor onder leiding van Sarita Sprong.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button