Gemeenskap bederf Nigel Tuiste inwoners met musiek en liefde
Die gemeenskap se omgee en betrokkenheid by die tuiste word opreg waardeer.
Inwoners by die Nigel Tuiste vir Bejaardes se feesseisoen bederf het reeds in November begin.
Op 19 November het Leon en Retha Goosen die inwoners bederf met Kerssang asook ‘n Kersdiens.
Die Hoërskool John Vorster se Harmonique sanggroep het op 28 November besoek gebring aan die inwoners.
Kalenders vir die nuwe jaar is vir die inwoners geskenk deur Ferryvale Apteek wat op 29 November by die inwoners gaan inloer het en op 5 Desember het die Daughters of Zion die bejaardes bederf met sang en musiek deur Leo Sonskyn.
Inwoners het ook deur die jaar geskenkpakkies ontvang en die gemeenskap het dikwels die tuiste besoek.
“Ons is opreg dankbaar vir almal vir belangstelling in en samewerking met die tuiste,” het Marlene Primo, maatskaplike werker gesê en namens die tuiste vir almal ‘n geseënde feesgety en voorspoedige muwe jaar toegewens.