Local news

Volgende jaar se klein Volkies maak kennis met klaskamers

Die nuwelinge het die geleentheid gehad om hul klaskamers te verken.

Die Laer Volkskool het op 6 Desember die klein Volkies wat volgende jaar met Gr R begin verwelkom tydens die opedag en inligting oggend.

Terwyl die ouers in die saal toegespreek is deur die skoolhoof Piet Strydom, kon die klein Volkies hul klaskamers en onderwysers gaan verken.

Strydom het die ouers aangemoedig om deel te wees van die ouerleiding klinieke waar daar leiding gebied word vir verskeie aspekte en onder meer die invloed van sosiale media op kinders.

Klein Volkies ontvang ‘n snoeppakkie nadat hul klaskamers en onderwysers vir 2025 verken is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button