Die Elkana Koor het onlangs hul laaste optrede vir die jaar, in ‘n volgepakte saal, by Suikerbos Aftreeoord gelewer.
Inwoners en besoekers kon na bekende Kersliedere soos Al was ek nie daar nie, Kom kinders, Oh Little town of Bethlehem, What Child is This, Stille Nag, Kom alle getroues, Jesus naam bo alles en Carol of the Bells luister.

Charmaine Crous het ‘n spesiale Kersdans opgevoer en die gaste het ook ‘n solo van die koorleier, Richert Wehmeyer geniet.

Na afloop van die opvoering was Marlene Walkden, Suikerbos se maatskaplike werker aan die woord.

“Ons is almal dankbaar dat ons deur die jaar kon kom. Dankbaarheid is nie net wat ander aan ons doen nie maar wat ons ook aan hulle doen. Ons is daar om mekaar te ondersteun en op te beur.”

“Ons wens elkeen ‘n geseënde feestyd toe en hoop dat elkeen met liefde oorval sal word,” het Walkden gesê.




