Local news

ATKV kies nuwe bestuur

Sandra Taljaard is gekies as die nuwe voorsitter vir die ATKV Heidelberg tak.

Die ATKV Heidelberg-tak het op 20 Januarie hul jaarvergadering gehou.

Die vergadering is deur die streeksbestuurder Annemarie Alberts waargeneem en die nuwe bestuur is verkies.

Die nuwe voorsitter saam die voormalige voorsitter en die ATKV streeksbestuurder van Gauteng en Mpumalanga.
Fred Calitz (voormalige voorsitter), Sandra Taljaard (nuwe voorsitter) en Annemarie Alberts (streeksbestuurder).

Sandra Taljaard is verkies tot voorsitter en Patricia Meyer tot onder voorsitter. Petra Basson is die tesourier en Ashleigh Labuschagne sekretaresse.

Martie Potgieter (middel) ‘n lid van die SAWV het ‘n sertifikaat van vriendskap aan ATKV Heidelberg-tak oorhandig. Saam met haar is Fred Calitz (voormalige voorsitter) en Sandra Taljaard (nuwe voorsitter).

“Ons sien uit na die nuwe projekte en geleenthede wat voorlê vir 2025,” het Labuschagne gesê.

Trudie Potgieter van die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV) het tydens die vergadering ‘n sertifikaat van vriendskap aan die ATKV oorhandig.

Die ATKV Heidelberg-tak lede tydens hul jaarvergadering op 20 Januarie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button