Local news
ATKV kies nuwe bestuur
Sandra Taljaard is gekies as die nuwe voorsitter vir die ATKV Heidelberg tak.

Die ATKV Heidelberg-tak het op 20 Januarie hul jaarvergadering gehou.
Die vergadering is deur die streeksbestuurder Annemarie Alberts waargeneem en die nuwe bestuur is verkies.

Fred Calitz (voormalige voorsitter), Sandra Taljaard (nuwe voorsitter) en Annemarie Alberts (streeksbestuurder).
Sandra Taljaard is verkies tot voorsitter en Patricia Meyer tot onder voorsitter. Petra Basson is die tesourier en Ashleigh Labuschagne sekretaresse.

“Ons sien uit na die nuwe projekte en geleenthede wat voorlê vir 2025,” het Labuschagne gesê.
Trudie Potgieter van die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV) het tydens die vergadering ‘n sertifikaat van vriendskap aan die ATKV oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.