Local newsSport

Plaaslike vegter oorgehaal vir sy titelgeveg

Ek is gereed om te wys waar na toe ek is staat is.

Die plaaslike MMA vegter, Sebastian Ferreira (18) van Ability Academy in Heidelberg is besig met sy finale voorbereiding om sy Versus SA Middelgewig titel op 25 Januarie te verdedig.

Hy gaan die titel teen TJ Esterhuizen verdedig. Die geveg vir die titel is die hoofgeveg op die Versus Fightnight in die Heartfeld Arena in Pretoria.

As deel van Ferreira se oefenprogram het hy op 18 Januarie ‘n publieke oefensessie in die Heidelberg Mall gehad.
Die publiek kon hom ontmoet en ook sy oefensessie aanskou.

Sebastian Ferreira was deur sy passies gesit met afrigter Stefan Pretorius.

Ferreira het tydens die openbare verskyning en oefening met sy afrigter Stefan Pretorius deur sy passies gegaan en aan die publiek gewys waartoe hy in staat is.

Pretorius het Ferreira behoorlik laat sweet tydens die intense oefensessie voor die groot geveg.

Dit was duidelik dat Ferreira top fiks en reg is vir sy groot geveg.

Die HERAUT het die geleentheid gehad om met Ferreira te praat voor die oefensessie.

Hy het reeds op agtjarige ouderdom belang gestel in MMA vegkuns, maar moes wag tot hy 18 jaar oud is voordat hy mededingend in die ring kon veg.

Sebastian Ferreira saam met Regardt en Milané du Toit.

Ferreira sal in April sy 19de verjaarsdag vier.

“Ek hoop Saterdag se geveg sal vining klaar wees en dat ek my opponent sal laat opgee. Dit kan deur uitklop of handdoek ingooi wees” het Ferreira gesê.

Die geveg is veronderstel om vyf rondes van drie minute elk te duur, maar die mikpunt in die geveg is dat die opponent so gou moontlik tou op gooi.

Stefan Pretorius en Sebastian Ferreira.

Ferreira oefen daagliks om vir die geveg voor te berei, waar hy elke dag vyf ure deur sy passies gesit word en die fynere taktiek bemeester.

Ter afsluiting sê Ferreira: “Ek is gereed vir die geveg en wil almal wys dat ek hier is om te bly.

“Ek is gereed om te wys waarna ek is staat is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button