Deur die kameralens vang fotograwe oomblikke vas
Daar word beplan om die klub se gala byeenkoms op 8 Maart te hou.
Lede van die Heigel Fotoklub het op 15 Januarie hulle eerste vergadering van die jaar gehad.
Die voorsitter, Francois van Jaarsveld het almal verwelkom.
“Dit is ‘n nuwe jaar met nuwe geleenthede. Ek sien daarna uit om elke fotograaf se groei te sien,” het van Jaarsveld gesê.
Met die eerste byeenkoms het beoordelaars sowat 30 foto’s ontvang, wat onder oë geneem is.
Die voorgeskrewe tema vir die maand was ‘Vakansie Gees’.

Daar is ook verskeie ander kategorieë waar die fotograwe foto’s kon inskryf wat natuur, voëls, ope, portrette, swart en wit, sport, joernalistiek, geboue en nog meer insluit.
Die wenners was as volg:
Voorgeskrewe foto wenner: Slipping en Sliding deur fotograaf Eugene Viljoen
Beste algemene wenfoto: Tstsikama Sonsonder deur fotograaf Dawie de Villiers.
Beste junior wenfoto: Swartriet Sonsondergang deur Fotograaf Elize Botha.

Die voorgeskrewe tema vir Februarie maand is ‘Water’. Daar word beplan om die klub se gala byeenkoms op 8 Maart te hou.
Tydens dié geleentheid sal die nuwe bestuur vir die jaar aangewys word, meriete sertifikate sal oorhandig word en die beste fotograaf (vordering) en fotograaf van die jaar sal ook aangewys word.
Persone wat meer inligting oor die klub wil bekom of daarby inskakel kan vir van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.
Die volgende vergadering sal op 12 Februarie plaasvind.



