Local newsSchools

Gekombineerde Skool, Balfour skop atletiekseisoen af

Balfour se silwer span het die byeenkoms gewen.

‘n Lekker atmosfeer het op 18 Januarie by die Gekombineerde Skool, Balfour geheers tydens die skool se gebruiklike huissport byeenkoms.

Die skool se laer- asook hoërskool leerders het aan die byeenkoms deelgeneem.

Na afloop daarvan is die top atlete aangewys.

Die laerskool uitblinkers is:

Mienke Korb (gewigstoot en diskus), Mikayla de Jager (verspring), Luthando Mdlane (spiesgooi), Chrizaan Riekert (middelafstande) en Adam Coetzer (veldatleet).

Mikayla de Jager (junior Victrix Ludorum) en Marco Olivier (junior Victor Ludorum).

Zandiswa Makhubo (senior Victrix Ludorum) en Arno Olivier (senior Victor Ludorum).

Die hoërskool atlete wat uitgestaan het is:

Nadine Kasselman (junior Victrix Ludorum) en Jaco Saunders (junior Victor Ludorum).

Carla Koekemoer (senior Victrix Ludorum) en Sipho Kubekha (senior Victor Ludorum).

Die silwer span het met die silwerware weggestap met ‘n telling an 139 teenoor die goud span se 109.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button