Local newsSport

Rekords spat by Vossies interhuis

Die Vossie gees was aansteeklik met atlete geklee in hul span se kleure en baniere.

Die atmosfeer op Maandag 20 Januarie by Hoërskool John Vorster was vol geesdrif, opwinding en adrenalien tydens die skool se interhuis atletiekbyeenkoms.

Die Vossie-gees was weereens aansteeklik met atlete geklee in hul span se kleure en die pawiljoen stampvol met plakkate en baniere met die name en leuse van elke span.

Elke oorwinning was uitbundig gevier en die uitslag van elke item was met trots aangekondig.

‘n Paar staande rekords het ook in die slag gebly.

Petri Stolz breek die hoogspring rekord van Jaco Knoesen (1996) van 1.89m met ’n nuwe hoogte van 1.90m.

Die top interhuis atlete met hul trofeë.

Henro Stander breek Ettiene Botha (1996) se rekord van 15.90s met die 110m hekkies met sy nuwe tyd van 15.50s.

Die dag het geëindig met die oorhandiging van trofeë vir die top atlete en ‘n gesamentlike gevoel van prestasie en trots het deur die skool gedreun.

Die top atlete is:

Baanatleet junior dogters: Ané Richards (200m)

Baanatleet junior seuns: Zander van Eck (100m hekkies)

Baanatleet senior seuns: Nipho Sibeko (100m)

Baanatleet senior dogters: Lohané Aucamp (200m)

Beste veldatleet junior dogters: Dominique Kriel (gewigstoot)

Beste veldatleet junior seuns: Henrico Parker (gewigstoot)

Beste veldatleet senior dogters: Semei Joubert (gewigstoot)

Beste veldatleet senior seuns: Dawie Viljoen (diskus)

Beste hekkiesatleet dogters: Devoné Ross (90m hekkies)

Beste hekkiesatleet seuns: Henro Stander (110m hekkies)

Junior Victrix Ludorum: Zandri van der Merwe

Senior Victrix Ludorum: Semei Joubert

Junior Victor Ludorum: Henrico Parker

Senior Victor Ludorum: Petri Stoltz

Die Vossie pawiljoen was stampvol tydens die skool se interhuis. Daar was gesing, gejuig en elke atleet is aangemoedig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button