
HEIDELBERG
31 Januarie: Ladi Koffi winkel in die Heidelberg Forum gebou, Pretoriusstraat 52, hou ‘n stoep markdag. Om uit te stal, kontak Marty Jerling by 082 465 9343.
15 Februarie: Suikerbos Aftreeoord hou ‘n Valentyns dans. Bring jou eie piekniek mandjie en iets te drinke en kom geniet ‘n gesellige aand saam met die Suikerbosorkes en langarm musiek. Toegang is R80. Bespreek by kantoor 016 349 5180 of by Pieter Griffin 072 732 9025.
Weekliks:
• Ladi Koffi winkel in die Heidelberg Forum gebou, Pretoriusstraat 52, hou elke laaste Saterdag van die maand ‘n stoep markdag. Om uit te stal, kontak Marty Jerling by 082 465 9343.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 09:40 ‘n Bingo oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ‘n ‘Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel’ middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Dinsdag middag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 10:00 tot 14:00 die volgende mediese hulp dienste aan: bloeddruk R10, suiker toets R25, cholesterol R70, BMI R25, toedien van inspuitings R30, skoonmaak van ore R70 en wondsorg R50. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir navraee.
NIGEL
Weekliks:
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791.
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 09:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.
• Nigel SPCA has expanded their charity shop. They are selling a variety of items and invite everyone to browse through the goodies and clothes. They are based at 1 Spaarwater Road Nigel. Contact Angela Morris at 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.