Local newsSport

Sebastian Ferreira verdedig sy liggewig titel suksesvol

Die kragmeting het oor vyf rondes, van drie minute elk gestrek.

Sebastian Ferreira (18) van Ability Academy, Heidelberg het sy Versus MMA liggewig titel suksesvol verdedig.

Die geveg het op 25 Januarie in die Heartfelt Arena in Pretoria plaasgevind.

Ferreira se geveg was die hoofgeveg op die Versus Fight Night 11 se kaart, waar hy teen TJ Esterhuizen te staan gekom het.

Daar was nie ‘n tekort aan aksie tydens die geveg nie en beide vegters was oorgehaal vir die geleentheid.

Die kragmeting het oor vyf rondes, van drie minute elk gestrek.

Na die geveg was dit die beoordelaars se kaarte wat die finale beslissing bepaal het.

Ferreira was op twee beoordelaars se kaarte en Esterhuizen op een.

Sebastian Ferreira en Stefan Pretorius.

Daardeur is Ferreira as die wenner aangekondig en is hy dus nog steeds die SA Versus MMA liggewig kampioen.

Die verligting was duidelik te sien op die gesigte van Ferreira sowel as sy afrigter, Stefan Pretorius.

“Ek is baie trots op Sebastian en weet hoe hard hy gewerk het,” het Pretorius gesê.

“Daar was nie ‘n dag wat Sebastian nie by ‘n oefening was nie. Hy maak ons baie trots. Sy deursettingsvermoë is iets wat ons almal kan navolg.” het Pretorius bygevoeg.

Ferreira se volgende stap is die SA MMA waar hy nasionaal en internasionaal Suid-Afrika kan verteenwoordig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button