Local news

Stoftrappers word waardige Volkies

Graad Agt's word by Volkskool verwelkom.

Die Hoër Volkskool se nuwe Graad Agt leerders het hul hoërskool loopbaan as Stoftrappers begin.

Die titel, Stoftrapper is elke jaar die Graad Agts se voorland totdat die gebruiklike ontgroeningsproses afgehandel is.

Dit gebeur sodra die groentjiekonsert aangebied was. Dié konsert was op 23 Januarie.

“Na jare se harde werk en deursettingsvermoë terwyl julle in die laerskool was is dit ons voorreg om julle hier by Volkskool te verwelkom,” was Volkskool se skoolhoof, Sias Botha se boodskap aan die nuwelinge.

“Hier gaan ons julle elkeen toerus om ‘n gebalanseerde jongmens te word om die toekoms met selfvertroue aan te durf,” het Botha gesê.

Die adjunkhoof, Neels de Villiers het bygevoeg: “Vandag begin jy met ‘n wonderlike reis. Jy het die geleentheid om diep spore in julle Volkskool reis te loop. ‘n Betrokke Volkie is ‘n gelukkige Volkie”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button