Local newsSchools

Hoër Volkskool se top presteerders by Sedibeng-Oos toekennings vereer

Volkies staan uit tydens Distrik Akademiese toekenningsfunksie.

Die Sedibeng-Oos Akademiese toekenningsfunksie is onlangs gehou vir top matrikulante en onderwysers wat gedurende 2024 uitgestaan het.

Die funksie het op 24 Januarie in Vereeniging plaasgevind.

Verskeie leerders en onderwysers van die Hoër Volkskool het met toekennings weggestap.

Benno Fourie spog met die derde beste gemiddeld in die distrik en is ook aangewys as die beste presteerder in wiskunde.

Brandt Huisamen het met sy nege onderskeidings die tweede hoogste aantal onderskeidings in die distrik behaal.
Simonè Fisher was aangewys as die beste dansstudie leerder in die distrik, Georg Fritz is die beste geografie leerder en Hester Rossouw het die beste in die distrik gevaar met dramatiese kunste.

In die onderwys afdeling het Volkskool se onderwysers gewys dat hulle vir niemand terug staan nie en het erkenning ontvang vir die beste vakuitslae in die distrik.

Onderwysers wat uitgestaan het is: Alta Ferguson (geskiedenis), Barbara Mitchell (Afrikaans), Helene Deysel en Annalize Uys (English FAL), Petro du Plessis (geografie), Eugene Potgieter (fisiese wetenskappe), Salome Calitz (dramatiese kunste) en Vida Deminey (dansstudies).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button