Bekende Heidelberger oorlede
Hurter het Heidelberg soos die palm van sy hand geken en was baie lief vir geskiedenis.

‘ n Bekende Heidelberger, Hurter van Staden (79) is op 3 Februarie na ‘n lang siekbed oorlede.
Hurter is op 18 April 1946 in Zastron gebore waar hy sy vormingsjare gehad het.
Hy was een van vyf kinders gewees.
In 1953, toe Hurter sewe jaar oud was, het sy gesin hulself in Heidelberg gevestig waar hy tot met sy afsterwe gewoon het.
Die eerste huis waarin hy as sewejarige seun gewoon het was in Von Guessaustraat, wat tot in 1982 sy tuiste was.
Daarna het Hurter na Jordaan Park verhuis waar hy tot 2011 gewoon.
Sy laaste woonplek in Heidelberg was die Gemoedsrus Aftree Oord in Rensburg.
Hy het sy skooljare aan die Laer- en Hoër Volkskool voltooi.
Hurter was twee keer getroud. Sy eerste huwelik, in 1965 was met Marietjie, wat in 2010 oorlede is. Daarna is hy met Mien getroud, wat die laaste vier en ‘n half jaar saam met hom was.
Hurter het drie kinders (twee dogters en ‘n seun), een stiefdogter, sewe kleinkinders en ses agter kleinkinders.
Hy was vir 18 jaar by Union Carriage werksaam waarna hy saam met sy pa Keno Konstruksie op die been gebring het.
Op ‘n latere stadium het hy dinge rustiger begin vat en sand en klip aflewering gedoen.
“Hurter het Heidelberg soos die palm van sy hand geken en was baie lief vir geskiedenis. Hy kon vir ure saam met jou sit en net oor die geskiedenis van Heidelberg met jou praat,” het Mienie vertel.
Hurter se begrafnis het op 6 Februarie vanuit die Hervormde Kerk in Heidelberg plaasgevind.