Local newsSport

Eerste balle rol binnekort in die Besigheidsliga

Die besigheidsliga kan gebruik word as ‘n spanbou sessie, interaksie tussen besighede en ‘n tyd om saam te geniet.

Die Heidelberg Rolkbalklub Besigheidsliga toernooi vir 2025 sal vanaf 6 tot 20 Maart plaasvind.

Vanjaar is daar weer plek vir 24 spanne om aan dié gewilde liga deel te neem.

In die verlede was daar slegs 12 spanne wat mekaar die stryd aangesê het.

Dit het verlede jaar opgeskuif na 24 spanne wat mekaar stryd aangesê het.

Die liga is perfek om te dien as ‘n spanbou sessie, interaksie tussen besighede vind plaas en deelnemers kan in ‘n ontspanne atmosfeer meer van rolbal te wete kom.

Die huidige kampioene is Jetour wat die titel tydens die Oktober liga gewen het.

Daar is ook wedywering vir die beste ‘toucher’ asook vir die geesbeker, waarvoor daar met groot ywer meegeding word.

Persone wat belangstel om ‘n span in te skryf kontak Herman van der Merwe by 082 457 4525 of herman@grokon.biz of Werner Schipper by 082 563-5134 of wschipper@gmail.com

Die groep spelers wat aan die 2024 liga delgeneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button