Local newsSport

Swemmer maak golwe met lewensredding prestasies

Die Heidelberger het die jaar met vele hoogtepunte in die water begin.

Heidelberg se ster swemmer, FC Rosslee (14) het die afgelope paar naweke gewys wat in om steek.

Rosslee het aan die DHL SA Stilwater Lewensredder Kampioenskappe asook aan die Gauteng Uitnodiging Lewensredder Gala deelgeneem.

Tydens die SA Stilwater Kampioenskappe op 1 Februarie in Midrand, het Rosslee aan vier individuele items asook die aflos deelgeneem.

Rosslee het in al die items waarin hy deelgeneem het goud verwerf. Dit het die 300m swem, Malibu Bord, super nipper, die swem/hardloop/swem-item asook die Taplin aflos ingesluit.

Hy is ook as Nipper Victor Ludorum aangewys.

Op 8 Februarie het Rosslee aan die Gauteng Uitnodiging Lewensredder Gala, wat in Germiston plaasgevind het, deelgeneem.

Tydens die byeenkoms het hy aan vyf items deelgeneem wat ‘n 50m en 100m manikin carry, 100m rescue medley, 100m super nipper en 100m hindernis ingesluit het.

Rosslee het in al sy dissiplines goue medaljes verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button