Local news

SAWV, Eenheid Suikerbos hou inligting sessie

Alle ou weermaglede kan steeds 'n merk maak.

Die SAWV, Eenheid Suikerbos beplan om op 8 Maart ‘n inligting sessie vir die publiek te hou.

Die geleentheid sal by die ou tronk in Heidelberg plaasvind en om 9:00 begin.

Belangstellendes sal onder meer ingelig word oor wat dit behels om ‘n weermag veteraan te wees.

Daar is verskeie projekte waarmee die veteraan eenheid in die gebied besig is.

Van die projekte is gemik op die jeug, Voortrekkers, en gemeenskapslede wat hulp nodig het.

Eenheid Suikerbos het die afgelope paar jaar uitgestaan en getoon dat hulle ‘n leier in die distrik is. Die talle trofeë en toekennings wat die eenheid ontvang het, getuig hiervan.

“Alle oud-SAW en uniform draende lede tot 1994 word uitgenooi om die byeenkoms by te woon.

“Ons wil ook aan die belangstellendes verduidelik hoe hulle betrokke kan raak en steeds ‘n belangrike rol kan vervul,” het Frik van Niekerk, voorsitter van die SAWV, Eenheid Suikerbos gesê.

Boereworsrolle sal voorsien word en daar is ook ‘n kontant kroeg op die perseel vir diegene wat daarvan gebruik wil maak.

Om jou plek te bespreek skakel Lydia Botha op 071 438-3002

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button