Local news

Heidelberg boer se besondere huweliksaansoek in suikerboonland is suksesvol

Dit het fyn belanning gekos maar Stephan Potgieter se unieke plan het perfek uitgewerk.

Stephan Potgieter, ‘n 27-jarige boer van Heidelberg en trotse lid van TLU SA, het sy verloofde, Berné Wessels (21), op Valentynsdag op ‘n buitengewone manier gevra om met hom te trou.

In die groot landerye op sy plaas het hy, met ‘n planter, die woorde “Trou met my” in die suikerboonlande geskryf.
“Dit is die manier waarop ek nog altyd my vrou wou vra om te trou,” vertel Stephan.

“Ek het van kleintyd af al gedroom van die manier. Ek het eers met die presisieboerdery besef dit is werklik moontlik,” voeg hy by.

Dit was egter vir Stephan ‘n effense uitdagings om die groot letters in die landerye ‘n geheim te hou, vertel hy.

Die woorde trou met my was duidelik in die suikerboonlande te sien en het die gewenste uitwerking gehad.

Twee maal het boere in die omgewing foto’s vanuit die lug geneem en op plaaslike WhatsApp groepe gedeel, en Stephan moes verduidelik dat dit ‘n verrassing is.

Toe Berné in ‘n stadium by hom gekuier het, het sy pa ook hardop gewonder wat in die lande aangaan.

“Toe moes ek die geheim maar met hom deel,” vertel Stephan.

Sy pa, Willem Potgieter, boer met mielies, beeste soja- en suikerbone.

“Ek het ook ‘n verlowingsbraai vir die Vrydagaand beplan, en het dit met familie en vriende gedeel, maar ek moes sorg dat die geheim nie uitkom nie,” vertel Stephan laggend.

Die paartjie beplan om na oestyd, in Augustus of September, die knoop deur te haak.

Maar soos ‘n boer weet, is dit nie altyd net die perfekte beplanning wat saak maak nie, maar ook die weer en omstandighede.

Stephan se landboukundige van Agropedo, Martin Harris, het in Desember die verrassing met ’n fyn uitgewerkte plantkaart voorberei.

“Hy het in ‘n stadium vir my gesê al hierdie plante gaan vrek. Daar was ook die moontlikheid van hael, swaar reën of die son wat skade kon veroorsaak.”

“Die Here se hand was duidelik in my plan,” sê Stephan.

Stephan Potgieter en sy verloofde, Berné Wessels wat vir hom die ja-woord gegee het.

“Die boontjies het ten spyte van die moontlike uitdagings steeds perfek uitgedraai, en mooi en sterk gegroei. Dit was vir my weer eens bevestiging dat dit ‘meant to be’ is.”

Na drie jaar van saam wees, is Stephan en Berné albei opgewonde oor die toekoms.

Die paartjie beplan om na oestyd, in Augustus of September, die knoop deur te haak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button