Local newsSport

Ability Academy is baanbrekers in die Versus MMA

Twee Ability Academy vegters is hard besig om voor te berei vir hul gevegte.

Twee MMA vegters van Ability Academy gaan tydens die volgende Versus MMA gevegsaand in aksie wees.

Die gevegsaand vind op 1 Maart by die Heartfeld Arena in Pretoria plaas.

Stefan Pretorius en Ruan Black sal hul beste in die kryt gee.

Pretorius sal teen Josia Obasi te staan kom in die lig swaargewig afdeling en Black se opponent is Nkazimulo Nkwanyana van CIT Pretoria.

Obasi is hoogs aangeskrewe nadat hy maklik met Stefan Booysen by Versus “Moer ‘n Boer 1” in September 2024 afgereken het.

Black se teenstander in die Bantam gewig afdeling het in sy laaste geveg met Litha Madikiza afgereken.

“Dit is ‘n prestasie van Ability Academy dat ons weer aan die hoofgeveg gaan deelneem, sê Pretorius.

“Dit is die tweede Versus aanbieding van die jaar.

“In die eerste geveg het Sebastian Ferreira sy middelgewig titel suksesvol verdedig.

“Die keer het Ability Academy twee vegters op die hoofkaart.

“Tussen al die gymnasiums in Gauteng en ook Suid-Afrika is dit ‘n prestasie dat ons weer bevoorreg is om vegters te kan hê wat hul staal gaan toon in die gevegsaand,” het Pretorius bygevoeg.

“Ons het hard geoefen vir die gevegte en ek wil my beste gee in die geveg.

“Om aan die hoofgeveg te kan deelneem is ‘n groot eer,” het Pretorius mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button