HEIDELBERG
29 March: Heidelberg Society for the Aged hosts a golf day at the Heidelberg Golf Club. Entry fee per team of 4 players is R3 500 and tee-off time is 11:00. Bookings must be made at Heidelberg Golf Club. Contact Riekie at 016 349 1061 for more information.
31 May: The annual Western Race 4 Hope will be at the Poortjie venue in Heidelberg in aid of the Lesedi Community Centre. Online entries can be done at webtickets.
2 Augustus: Die ATKV Heidelberg tak hou hul lang tafel geleentheid vir die dorp met ‘n heerlike ete. Sandra Taljaard (ATKV voorsitter) sal nader aan die tyd meer inligting deurgee. Die Afrikaanse taal se eeufees viering sal ook tydens die geleentheid plaasvind.
Weekliks:
• Die Plaashuiswinkel in Begemansraat 40 hou elke Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00 ‘n rommelmark. Slegs tweedehandse goed word verkoop en geen bespreking is nodig. Kontak Melinda van der Merwe by 072 134 1420.
• Heidelberg Meander takes place every first Saturday of the month from 08h00 to 14h00 and includes art in the park at the Heritage Museum, car boot sale and market day at Plaashuiswinkel, heritage tours and Painted Drums outdoor gallery. For more information contact Melinda van der Merwe at 072 134 1420. To book a Heidelberg Heritage tour contact Tony Burisch at 072 460 9663.
• Every Wednesday is pensioners day at Pitstop Car Wash and Diner 26 Du Preez Street. Wash your car and eat in to get 20% off your bill.
• Ladi Koffi winkel in die Heidelberg Forum gebou in Pretoriusstraat 52 hou elke laaste Saterdag van die maand ‘n stoep markdag. Om uit te stal, kontak Marty Jerling by 082 465 9343.
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 9:40 ‘n Bingo oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 14:00 ‘n ‘Bly kalm, ons gaan nou brei en hekel’ middag in die saal. Bring eie wol en penne en kom kuier saam. Almal is welkom.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Dinsdag middag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 10:00 tot 14:00 die volgende mediese hulp dienste aan: bloeddruk R10, suiker toets R25, cholesterol R70, BMI R25, toedien van inspuitings R30, skoonmaak van ore R70 en wondsorg R50. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir navrae.
NIGEL
Weekliks:
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 9:00 at the conference centre at Marievale Nature Reserve.
Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333 or e-mail friendsofmarievale@gmail.com
• Nigel SPCA has expanded their charity shop. They are selling a variety of items and invites everyone to browse through all the great goodies and clothes. They are based at 1 Spaarwater Road Nigel. Contact Angela Morris at 084 485 7020 for more information.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.



