Local news

Heigel Fotoklub se lede spog met pragfoto’s

Die klub nooi belangstellendes van die Hidelberg en Nigel omgewing uit om aan te sluit.

Lede van die Heigel Fotoklub het op 19 Februarie die klub se tweede vergadering van die jaar bygewoon.

Ongeveer 30 foto’s, wat deur beoordelaars onder oë geneem is, is bespreek, waarna die beste foto’s uitgewys is.

Die voorgeskrewe tema vir die maand was Water.

Daar was ook verskeie ander kategorieë waarvoor die fotograwe foto’s kon inskryf.

Dit sluit onder andere portret, argitektuur, wit en swart, natuur, voëls, ope, sport, joernalistiek en nog meer in.

Die wenners is:

Voorgeskrewe foto wenner: Water – Goue water rimpels deur fotograaf Marissa Enslin.

Die voorkeskrewe foto wenner, Goue water rimpels is deur Marissa Enslin geneem.

Beste algemene wenfoto: Smokin deur fotograaf Ineke Kleingeld.

Beste junior wenfoto: Jong luiperd deur fotograaf Hannelie Jacobs.

Die junior wenfoto, Jong luiperd is deur Hannelie Jacobs vasgevang.

Die voorgeskrewe tema vir Februarie maand is beweging in sport.

Persone wat meer inligting oor die klub wil verkry of belangstel om ‘n lid te word, kan die voorsitter Francois van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.

Die volgende vergadering sal op 12 Maart plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button