Heidelberg Rolbalklub bring silwerware huis toe
Beide die mans en die vroue spanne was in die kol met hul balle.
Die Heidelberg Rolbalklub het op 22 Februarie na Edenvale gereis om aan die finale ronde van die EKB liga deel te neem.
Heidelberg het twee spanne (mans sowel as vroue) wat in die tweede afdeling deelgeneem het.
Na die dag se wedstryde het beide Heidelberg se spanne as oorwinnaars van die baan gestap.
Heidelberg se mans span het in die finaal vir Delmas geklop en die vroue span het Alberton geklop.
Die ander wenners in die liga was: Premier wenner mans – Benoni en vroue Kempton Park.
Eerste afdeling wenners mans – Lake Klub Benoni en vroue Delville.
Derde afdeling wenners mans Springs en vroue Lake Club Benoni.
Persone wat belangstel om by die rolbalklub aan te sluit kan Herman van der Merwe by 082 5764525 of Elmarie Eygelaar by 082 561 0441 kontak.




