Local newsSport

Laer Volkskool ruiters sit stewig in die saal

Die drie jong ruiters van die Laer Volkskool het goed gevaar by die strawwe kompetisie.

Drie ruiters van die Laer Volkskool het aan die eerste ronde van SANESA, wat op 8 en 9 Februarie plaasgevind het, deelgeneem.

Die uitslae is as volg:

Dominique Steyn en Sweet as Honey het ‘n eerste plek in 50cm kompetisie klas behaal en ‘n derde plek in die 50cm tweede fase klas.

Liamay Nortje en Waterford Chocolate het twee tweede plekke in “Dressage”, en in “Working Riding” ontvang asook ‘n derde plek in die 50cm kompetisie klas, ‘n vierde plek in die 50cm tweede fase klas en vyfde plek in die 50cm “Equitation”.

Mikke Grobler en Krushani’s Eclipse het ‘n tweede plek in “Dressage” behaal asook ‘n tweede en vierde plek in 30cm “ideal time”.

Dominique Steyn en Sweet as Honey.
Mikke Grobler en Krushani’s Eclipse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button