Local news
Wintersport skop af by Hoër Volkskool
Die Volkies spanne was op die dag net te sterk vir Witteberg.
Die wintersport by Hoër Volkskool het die afgelope naweek amptelik afgeskop met rugby- en netbal wedstryde wat by die skool plaasgevind het.
Volkskool het teen Hoërskool Witteberg te staan gekom met die eerste en tweede rugbyspanne sowel as eerste netbalspan wat in aksie was.
Die Volkskool rugbyspanne het oorwinning in al hul wedstryde behaal en hul eerste netbalspan het 58-29 gewen.
Die eerste rugbyspan het met 24-22 gewen terwyl die tweede span met 29-10 geseëvier het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



