Local newsSchools

Afrikaans eeufees viering skyn lig op Internasionale Boekedag

Carrah Kiewietz is Laerskool Tini Vorster se top leser in Graad Een en kan op sesjarige ouderdom reeds woorde in lettergrepe verdeel.

Met die lig op die eeufees viering van die Afrikaanse taal vanjaar word daar ook na die belangrikheid van lees gekyk.

Op 23 Maart word Internasionale Boekedag gevier, wat die waarde van boeke en lees in die samelewing beklemtoon.

In Suid-Afrika het Afrikaans boeke en letterkunde ‘n belangrike rol gespeel in die bewaring van die taal en geskiedenis. Deur boeke te lees, nie net in Afrikaans nie, maar ook in ander tale, word daar ‘n begrip van kultuur en geskiedenis in die wêreld verkry.

Hierdie dag is ‘n erkenning aan die krag van lees in Afrikaans, en ‘n herinnering om die belangrikheid van die Afrikaanse literatuur aan die volgende geslagte oor te dra.

HERAUT het by Laerskool Tini Vorster gaan inloer om die boekwurms op te spoor en te hoor wat hul gunsteling boeke is en hoekom lees belangrik is.

Carrah Kiewietz (6) is die top leser in Graad Een en het vertel haar gunsteling boeke is die Ek Lees Self boeke. Sy het ook gesê lees maak jou baie slim en sy lees met emosie.

Haar Juffrou Marika Meneghin het gesê Carrah is beslis slim want sy kan reeds woorde in lettergrepe verdeel.

Juffrou Marika Meneghin saam met Carrah Kiewietz wat Laerskool Tini Vorster se top leser in Graad Een is.

Luca Dias (7) is Graad Twee se beste leser. Luca sê sy geniet lees want elke woord is deel van ‘n storie. Haar gunsteling boek is Alice in Wonderland.

Luca Dias is in Graad Twee by Laerskool Tini Vorster en die beste leser in haar graad.

In Graad Drie is Carlo Steyn (9) die top leser. Carlo vertel lees help jou om woorde reg te spel. Hy geniet dit om te lees omdat elke woord vir hom ‘n gevoel of emosie is. Carlo se gunsteling leesstof is Jaco Jakobs se boeke.

Op Internasionale Boekedag word skrywers, lesers, uitgewers en boekwinkels regoor die wêreld vereer.

Verskillende aktiwiteite word gereël, soos boek geskenke, leesmarathons, gemeenskapsgeleenthede en bemarkingsveldtogte om lees en skryfkuns te bevorder.

Die ATKV Heidelberg tak het Dalene Mathee se boek Fiela se Kind as een van hul gunsteling boeke uitgelig.

Daar is ook ‘n draai by Heidelberg se biblioteek gemaak waar die kluster bibliotekaris, Beatrice Sepogwane vir die afgelope 16 jaar tussen boeke werk. Die biblioteek is in Jakobstraat en is weeksdae oop van 8:00 tot 17:00.

Heidelberg Biblioteek in Jakobstraat het baie leesstof om van te kies. Die biblioteek is weeksdae oop van 8:00 tot 17:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button