Akademie bring top afrigting vir hokkiespelers
Hokkie groei in gewildheid onder jong en ouer spelers.
Hokkie is ‘n sportsoort wat deesdae al hoe meer deur oud en jonk beoefen word.
Die nuwe Astro Turf hokkieveld by die Unie Velde bied nou ook die ideale fasiliteit waar afrigting aangebied word, sodat spelers die kuns van die spel kan volmaak.
Die Rising Stars Hokkie Akademie is reg om hokkie spelers touwys te maak. Daan Marx gaan die afrigting behartig.
Marx is ook by die Hoër- en Laer Volkskool hokkie afrigting betrokke.
“Die doel van die afrigting is om aan spelers die geleentheid te gee om hokkie as sport te beoefen en hul potensiaal te ontwikkel,” sê Marx.
“Van die doelwitte is om ‘n ontwikkelings platform te skep vir elke hokkie speler om te groei.
“Gereelde evaluering om vordering en doelwitte vir spelers te bepaal sal plaasvind.
“Daar sal klem geplaas word op die ontwikkeling van goeie waardes en sportmangees. Kwaliteit afrigting om die nuutste tegnieke en vaardighede onder die knie te kry sal ook ‘n fokuspunt wees,” het Marx bygevoeg.
Daar sal groep sowel as individuele sessies aangebied word en enigeen is welkom om aan te sluit.
Vir meer inligting kontak Daan Marx by 082 665 5862 of dmrx01@gmail.com



