Local newsSport

Besigheidliga skop af met rekordgetal spanne

Die jaarlikse besigheidliga word in goeie gees gespeel en sorg vir groot pret.

Die eerste balle in die Heidelberg Rolbalklub Besigheidliga het op 6 Maart gerol.

Die besigheidliga word twee keer per jaar aangebied deur Heidelberg Rolbalklub.

Elmarie Eygelaar, Heidelberg Rolbalklub voorsitter het die geleentheid geopen.

Tydens die opening het die onder voorsitter van die klub, Herman van der Merwe al die spelers verwelkom.

“Die besigheidliga groei en ons het tans 28 spanne wat deelneem; die meeste nog,” het Van der Merwe gesê.

Herman van der Merwe, onder voorsitter van die Heidelberg Rolbalklub het die spelers verwelkom.

“Dit is ‘n droom van ons gewees om soveel mense by rolbal betrokke te kry. Ek glo dit sal ook ons klub kan versterk in die toekoms,” het hy bygevoeg.

Die toernooi word op drie agtereenvolgende Donderdae gespeel om die wenspan te bepaal.

Werner Schipper verduidelik hoe die wedstryde en punte gaan werk.

Daar sal ook ‘n geesbeker en beste toucher aangewys word.

Karl Strauss in aksie op die baan.

Die spanne wat aan die toernooi deelneem is NTT VW, Jetour Alberton, AutoCity Nissan Nigel, LTE Glass & Aluminium, CA Financial, Freestock, Freestock 2, Nalchem Fire, Remax, Suikerbos Makelaars, Auto City Kia Nigel, JR Lubricants, Heidelberg Electrical, Howell Properties, Howell Properties 2, Multivac, Multivac 2, EHS Industries, Valostar, AutoCity Mahindra Heidelberg, HHR Engineering, Jumangi Construction, MMG Ford, MMG Ford 2, Bendet Engineering, Stage Zero, Protek en Big Digs.

Die eerste balle rol by die besigheidliga.
Altemsaam 28 spanne het vir die nuwe besigheidliga ingeskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 9 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button