Local newsSport

Nigel Rugbyklub behou Nasons Trading trofee

Toeskouers kon aanskoulike rugby van beide klubs geniet.

Heidelberg en Nigel Rugbyklubs het op 8 Maart kragte gemeet op Volkskool se velde waar hulle om die Nason Trading Trofee meegeding het.

Die wedstryde is vooraf gegaan deur ‘n minuut stilte vir die Valke skeidsregter, Stiaan Pistorius, wat onlangs gesterf het.

Nigel het die Nason Trading Trofee behou met ‘n naelskraapse oorwinning oor Heidelberg van 29-22.

Die wedstryd was eers in die laaste kwart beslis en beide Heidelberg het Nigel hard laat werk vir die oorwinning.

Vir die eerste 60 minute kon die skaal enige rigting in geswaai het met Heidelberg wat sterk in die prentjie was.
Halftyd was die telling 12-12.

In die eerste helfte het Berge met vurige bewegings gespeel en was net voor die rustyd fluitjie 12-7 voor gewees.
Nigel het toe ‘n onvervyfde drie gedruk om die halftyd telling gelyk te maak.

Na ‘n uur se spel was die telling 17 elk gewees.

Nigel het daarna oorgeskakel na ‘n ander vlak en het gewys waarom hulle so hoog aangeslaan word – om die knoop deur te haak wanneer dit die nodigste is.

Nigel het in die proses vyf drieë gedruk teenoor Berge se vier.

Die punte was aangeteken deur:

Nigel: Drieë: Griag Pienaar, Tebogo Qalase, Mpho Ndevu, Thon Khumalo en Andrico Potgieter. Doelskoppe: Jannie Hough (1) en Paul Komane (1).

Heidelberg: Drieë: Armand Wessels, JJ Mienie, Franco Strydom en Werner Griessel.

Doelskop JJ Mienie (1).

Die tweede span van Heidelberg het vasgeval teen Nigel.

Die telling was Nigel 31 – Heidelberg 12. Die eindtelling is nie ‘n ware weerspieëling van die wedstryd nie. Daar is baie positiewe punte wat die afrigters mee kon werk vir die opkomende wedstryde.

Heidelberg se tweede span het ‘n nuwe skakelpaar, Vian van Rensburg en Zuan Troskie wat vir die eerste keer saam vir die klub gespeel het en het hulle goed van hulle taak gekwyt.

Op die oog af lyk Heidelberg se rugby reg vir die seisoen en die samespel wat tans gesien word kan net goed vir die span wees.

Heidelberg is volgende in aksie op 15 Maart by die Sasolburg Rugbyklub Rugbydag.

Nigel op hulle beurt reis na Elsburg vir vriendskaplike wedstryde op 15 Maart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button