Local news

Volkies woeker op die sportvelde

Leerders van die skool vaar goed in verskeie sportsoorte.

Dit gaan tans voor die wind met die Hoër Volkskool se sportspanne.

Netbal:

Verskeie netbalspelers het deurgedring het na die tweede ronde netbalproewe.

Die spelers is:

o14: Mieka Rabie, Anja Kruger, Leyna Strassburg en Riane Marais.

o15: Lizé Diedericks, Layla Ligthelm, Zané Pitout en Jolene Grobler.

o16: Amelia Strydom, Lunel Greyling, Emma Barnard, Mieke Nienaber, Siphkazi Dlamini en Thalea Jonck.

o17: Leila de Beer, Logan Ligthelm, Anke Kotze, Jon-Benet Bauer, Lalie van der Merwe, Arne van Tonder en Alexia Prinsloo.

o18: Jané Wepener, Karin Venter, Suné Barnard, Luné Wepener en Jazmin Fourie.

Atletiek:

Volkskool se D7 atlete het aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.

Martin Joubert (o19) het in 10.44 in die 100m gehardloop en het sodoende die goue medalje verower. Joubert het in die 200m ‘n silwer medalje los gehardloop. Hy gaan nou in die Kaap aan die SA Klub Kampioenskappe deelneem asook aan die SAs wat in Bloemfontein gaan plaasvind.

Wildine Smith, Luné Wepener en Jané Wepener was deel van die o19 meisies Sedibeng-Oos aflosspan. Hulle het verseker dat die aflosspan ‘n brons medalje ontvang het.

Ander atlete wat goed gevaar het was Pieter Greyling (vierde in 100m so17), Dane Marais (vierde in do15 diskus),
Henru Coetzer (vyfde in so17 spiesgooi), Madison Webb (vyfde in do15 hoogspring), Jané Wepener (agtste in do19 400m hekkies), Inge Boshoff (agtste in do19 verspring) en Katelynn van Wyk (sewende in do19 5 000m).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button