Die Heigel Fotoklub het op 12 Maart hul maandelikse vergadering gehad.
Die voorsitter, Dawie de Villiers het die lede verwelkom en gesê dat daar uitgesien word na die jaar se inskrywings en om die vooruitgang van elke fotograaf dop te hou.
Altesaam 45 foto’s, wat vir Maart ingeskryf is, is beoordeel en bespreek.

Die tema vir Maart was beweging in sport en die beste tema wenner is Lua deur Marius Bornman.
Die algehele wenfoto: Lemoenvlinder is deur Ineke Kleingeld vasgevang en die beste junior foto, Dis vêr ondertoe is deur Anke de Villiers geneem.

Die temas vir die res van die jaar is:
April: Kosmos, Mei: Berge end, Junie: Troeteldiere, Julie: Geboue en murasies, Augustus: Foto’s wat ‘n storie vertel, September: Negatiewe spasie, Oktober: Panning, November: Verwoesting een brande.
Die volgende bymekaarkoms sal op 9 April plaasvind.
Persone wat meer inligting oor die klub wil hê kan vir Dawie de Villiers by 084 600 5765 of Eugene Viljoen by 071 637 0412 kontak.



