
Die Suikerbosoord het die sangpaar Francois en Elizabeth Fourie op 14 Maart by die oord se dienssentrum verwelkom.
Jannie Kotze, Suikerbosoord se bestuurder het almal verwelkom.

“Die lewe is die moeite werd. Elkeen moet ten voluit leef en vir hul medemens omgee,” het Kotze onder andere gesê.
Die verskillende kerkgemeenskappe van Heidelberg was ook teenwoordig en het elkeen ‘n Bybelvers voorgelees voor die vertoning begin het.
Marie Benade-van Niekerk is ook tyens die geleentheid vereer vir 35 jaar diens by die oord.

Francois en Elizabeth het die gehoor behoorlik getrakteer met stories en musiek.

“Elke persoon het stories wat gedeel moet word; stories gee hoop vir die toekoms,” het Elizabeth gesê.
Die sangpaar het baie van hulle top en gunsteling liedjies gesing en elke liedjie was vooraf gekenmerk met ‘n storie hoe die liedjie ontstaan het.
