Local news

Bekende sangpaar trakteer Suikerbosoord se inwoners

Stories gee hoop vir die toekoms.

Die Suikerbosoord het die sangpaar Francois en Elizabeth Fourie op 14 Maart by die oord se dienssentrum verwelkom.

Jannie Kotze, Suikerbosoord se bestuurder het almal verwelkom.

Die Suikerbosoord se bestuurder Jannie Kotze het die gaste verwelkom.

“Die lewe is die moeite werd. Elkeen moet ten voluit leef en vir hul medemens omgee,” het Kotze onder andere gesê.

Die verskillende kerkgemeenskappe van Heidelberg was ook teenwoordig en het elkeen ‘n Bybelvers voorgelees voor die vertoning begin het.

Marie Benade-van Niekerk is ook tyens die geleentheid vereer vir 35 jaar diens by die oord.

Die Suikerbosoord se maatskaplike werker, Malene Walkden het Marie Benadie-van Niekerk bedank vir 35 jaar diens by oord.

Francois en Elizabeth het die gehoor behoorlik getrakteer met stories en musiek.

Elizabeth en Francois Fourie besig met hulle vertoning.

“Elke persoon het stories wat gedeel moet word; stories gee hoop vir die toekoms,” het Elizabeth gesê.

Die sangpaar het baie van hulle top en gunsteling liedjies gesing en elke liedjie was vooraf gekenmerk met ‘n storie hoe die liedjie ontstaan het.

Die vertoning is deur ‘n groot aantal gaste geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button