Heidelberg Hope span werk onverpoosd tussen reënbuie deur
Die afgelope weke se reënval het die projekte van Heidelberg Hope effens in die wiele gery maar sodra die son skyn, spring die span saam met LCC vinnig in om by hul projekte uit te kom.
Die afgelope tyd se reënval in Heidelberg, het die span van Heidelberg Hope se skoonmaak projekte effens gekniehalter, maar volgens Nicolene Neveling, woordvoerder, spring die span vinnig aan die werk sodra die weer dit toelaat.
Heidelberg Hope werk nou saam met Lesedi Community Centre en die spanne staan gereed om te werk, sodra dit nie reën nie en die son effens skyn.

“Ons kon die poskantoor in Rensburg se gras sny en onkruid uithaal en die unie sportvelde se gras is ook gesny,” het Neveling gesê en bygevoeg dat met die hulp van Hoër Volkskool daar ook binne en rondom die unie velde skoon gemaak is.
Wanneer slaggate in die pad reggemaak word, moet die oppervlak heeltemal droog wees omdat water of vog die herstelproses en die materiaal wat gebruik word, kan beïnvloed, maar die span kon darem 22m² se slaggate herstel in tye wanneer die weer dit toegelaat het.

Neveling het genoem dat Heidelberg Hope weer ‘n groot gemeenskapsprojek reël vir April en elkeen aangemoedig om betrokke te raak.
Vir meer inligting, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

om hul skoonmaak projekte uit te voer wanneer die weer dit toelaat.



