Local newsSchools

Sagie atlete lewer top prestasies

Levin le Roux het 'n agtste plek in diskus en 'n derde plek in spiesgooi behaal en kwalifiseer met sy afstand van 36.02m vir die SA Kampioenskappe.

Atlete van Laerskool Hannes Visagie het top prestasies gelewer tydens die Gauteng kampioenskappe.

Twaalf leerders het in 17 verskillende items gekwalifiseer en het op 14 en 15 Maart aan hierdie kampioenskappe deelgeneem.

Levin le Roux het deurgedring na die finale van die Gauteng Kampioenskappe in diskus en spiesgooi seuns o12.

Vyf leerders het deurgedring na die halfeindstryd van die Gauteng Kampioenskap en Levin le Roux het met diskus en spiesgooi deurgedring na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat 20 tot 22 Maart plaasgevind het.

Le Roux het ‘n agtste plek in diskus en ‘n derde plek in spiesgooi behaal en met sy afstand van 36.02m deurgedring na die SAs.

Die atlete van Laerskool Hannes Visage wat deurgedring het na die halfeindstryd van die Gauteng Kampioenskappe is, agter: Kristiaan Alberts en Lubbe Louw. Voor: Mieke Esterhuizen, Levin le Roux en Ronè Loxton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button