Local newsSport

Berge sit 50 punte op die telbord teen Union Knights

Die Berge het 'n indrukwekkende agt drieë teen Union Knights geruk tydens die vriendskaplike kragmeting.

Heidelberg Rugbyklub se vriendskaplike wedstryde is besig om einde se kant toe te staan.

Die Berge het op 22 Maart teen Union Knights van Johannesburg-Suid te staan gekom op Volkskool se veld.

Die eerste span het 50 punte teen Union Knights aangeteken en met 50 – 17 gewen.

Die Berge was baie indrukwekkend met hoe hulle die spel afgewissel het en hulle krag gewys het.

Johan Ness op die aanval in die eerste span wedstryd.

Heidelberg het aangeval van alle hoeke op die veld en Union Knights moes keer vir ‘n vale.

In die eerste helfte het Heidelberg drie drieë gedruk voordat Union Knights op die telbord kon kom.

Die halftyd telling was Heidelberg 19 – 12.

Brendon Ryan skop pale toe.

In die tweede helfte het Berge vyf verdere drieë gedruk met Union Knights wat geantwoord het met een drie.

By tye het die wedstryd nie gevloei soos dit kon nie as gevolg van baie stop/begin rugby.

In die skrums en lynstane het Heidelberg oorheers. Dan het hulle agterlyn ook met die bal baljaar.

Lynstaanspel tussen Heidelberg en Union Knights se tweede spanne.

Daar was wel drie geelkaarte in die wedstryd uitgedeel.

Heidelberg se punte is as volg aangeteken:

Drieë: JJ Minnie (2), Alvin Jansen, Johan Ness, JJ Theron, Nantus Mouton, Morne Vermeulen en Morne Viljoen.

Brendon Ryan het met vyf doelskoppe geslaag.

JJ Minnie het met krag lopies twee drieë gedruk.

Die speler van die wedstryd was JJ Minnie.

Heidelberg se tweede span het op hulle beurt vasgeval teen die Union Knights se tweede span.

Die eindtelling was Heidelberg 12 – Union Knights 19.

Die span se hantering het hulle in die steek gelaat en met tye was daar ‘n gebrek aan kommunikasie en wedstryd beplanning.

Samusa Samukelo druk sy drie.

Maar dit kan op die oefenveld uitgestryk word.

Heidelberg se puntemakers was:

Drieë: Samusa Samukelo en Enrico Jansen. Doelskop: Delardus van Wyk.

Heidelberg is volgende op die Springs Rugbydag in aksie tydens ‘n rugbydag op 29 Maart op Olimpia Park.

JJ Theron word vasgevat.
Heidelberg skop af om die wedstryd te begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button