Local newsSport

Plaaslike vegter speel klaar met sy teenstander

Ferreira het net twee rondes nodig gehad om die geveg in sy guns te beklink.

Sebastian Ferreira (18) van Ability Academy in Heidelberg is besig om groot naam in die MMA amateur geledere te maak.

Op 20 Maart het Sebastian op kort kennisgewing deur die toue geklim in die Extreme Fighting Championship (EFC) Contender Series 2.

Sy teenstander in die liggewig afdeling was Jethro Swan.

Die geveg is by die World Sporting Betting Arena in Johannesburg aangebied.

Sebastian Ferreira op die aanval teen Jethro Swan.

Sebastian het sy teenstander in die tweede ronde tot oorgawe gedwing met sy gunsteling greep, die “Naked Choke”.

Sebastian se afrigter Stefan Pretorius sê alhoewel daar in die toekoms gekyk kan word om professioneel te gaan is die hoofdoel tans om op die amateur geledere te konsentreer.

“Dit help nie ons spring in die diep kant in as professioneel, aangesien daar nog heelwat is om te leer voor ons dit kan doen.

Sebastian Ferreira triomfantelik na sy geveg gestop was.

“Sebastian werk elke dag om te verbeter en ek sien ‘n blink toekoms vir hom, maar vir nou moet ons eers alles rustig vat en Sebastian reg voorberei vir groter dinge” sê Pretorius.

Sebastian is volgende op pad na Angola waar hy aan die Afrika Kampioenskappe, wat vanaf 4 – 12 Mei gaan plaasvind, gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button