Local news

Vossies neem afskeid van geliefde adjunkhoof

Kalp het diep spore by Laerskool Tini Vorster getrap. Hy was entoesiasties met alles wat hy aangepak het. Hy was nou betrokke by sport en ook die brein agter 'Vossiegents', wat seuns meer geleer het van hoe om op te tree, veral teenoor die vrouegeslag.

Laerskool Tini Vorster het op 28 Maart afskeid geneem van die adjunkhoof, Victor Kalp.

Kalp was vanaf 1998 betrokke by Laerskool Tini Vorster waar hy as ‘n Graad R leerder ingeskryf was.

Hy het in 2012 as studente onderwyser by die skool begin en in 2016 is hy aangestel as ‘n volwaardige onderwyser.

Hy het sy passie vir onderwys uitgeleef en was gou baie geliefd.

In 2021 het hy sy Honneursgraad in onderwysbestuur behaal en is ook aangestel as departementshoof by die intermediêre fase.

Hy is in 2023 aangestel as adjunkhoof.

Victor Kalp was sedert 2023 die adjunkhoof by Laerskool Tini Vorster.

Sy rugbyspanne het verskeie kere die liga gewen.

In 2014 het hy Suné Bekker in gewigstoot afgerig. Sy vorder tot by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe waar sy as nommer een uit die stryd tree.

“Die geleentheid om leerders te motiveer, te ontwikkel en selfs liefde te kweek op verskeie terreine is die mees spesiaalste aspek van onderwys vir my.

“Die respek, ondersteuning en samewerking van die kollegas, leerders, ouers en die gemeenskap is beslis die mees belonendste aspek wat ek as ‘n onderwyser kon ervaar,” het Kalp vertel.

Kalp het pa-en-seun visvang naweke gereël asook suksesvolle gholfdae vir die skool.

Hy was die brein agter ‘Vossiegents’ wat seuns meer geleer het van optredes in die algemeen asook teenoor die vrouegeslag.

Victor Kalp het diep spore by Laerskool Tini Vorster getrap. Hy was entoesiasties met alles wat hy aangepak het.

“Kalp het diep spore by Laerskool Tini Vorster getrap. Hy was entoesiasties met alles wat hy aangepak het. Sy respek vir sy mede kollegas was ook ‘n wonderlike eienskap en ons gaan hom in baie opsigte mis,” het die hoof Johan Lourens gesê.

“Wat ek altyd sal onthou is die leiding en mentorskap wat ek deur die jare ontvang het vanaf verskeie individue wat my gevorm het vir wie ek vandag is en wat my die vaardighede en kennis gegee het om te kon bereik wat ek het by Laerskool Tini Vorster,” het Kalp gesê.

Sy boodskap aan die oud en huidige leerders, ouers en personeel van Laerskool Tini Vorster is: “Vossie bloed sal altyd deur my are vloei en almal wat deel was van my loopbaan sal in my hart gekoester bly.”

Lourens het namens die skool vir Kalp en sy gesin alles wat mooi, goed en wonderlik is toegewens en genoem dat hul ‘n man uit een stuk verloor.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button