Local newsSport

Berge troef Benoni tydens rugbydag

In die tweedespan se wedstryd teen Delmas het Jaco van Rensburg en sy seun Vian saam vir Heidelberg uitgedraf.

Heidelberg Rugbyklub se eerste span was Saterdag een van die spanne wat aan die Springs Rugbydag deelgeneem het.

In die tweede wedstryd van die dag het Berge teen Benoni Northerns se tweede span, wat tans die houers van die Merlin Trofee is, te staan gekom.

Van die afskop af het Heidelberg die meeste van die speelwerk gemaak en ‘n vinnige drie, gedruk deur Nantus Mouton, wat vir punte gesorg het. Die doelskop was suksesvol. Daarna het Berge nog twee drieë in die eerste helfte gedruk met ‘n verdere suksesvolle doelskop.

Nantus Mouton druk sy drie.

Teen halftyd het Heidelberg met 19-0 voorgeloop.

Die tweede helfte was baie gelykop met beide spanne wat twee drieë gedruk het.

Heidelberg se punte is as volg aangeteken: Drieë: Nantus Mouton (1), Zander du Toit (1), Morne Viljoen (1) en Willem van der Heever (2).

JJ Minnie op die aanval.

Doelskoppe: JJ Minnie (2).

Berge se tweede span het na Delmas gereis om hulle laaste vriendskaplike wedstryd te speel. Heidelberg het teen Delmas se eerste span te staan gekom.

Delmas het Heidelgerg 29-12 getroef.

Setskrum tussen Delmas en Heidelberg.

In die wedstryd het Jaco van Rensburg en sy seun Vian saam vir Heidelberg uitgedraf.

Heidelberg se tweede span was halftyd 22-0 agter, maar het glad nie tou opgegooi nie.

Pa en seun: Jaco en Vian van Rensburg.

In die tweede helfte het hulle twee drieë gedruk en met een doelskop geslaag.

Heidelberg se tweede span se drieë is deur Jaco Els en Damian Grace gedruk. Zuan Troske was suksesvol met een doelskop.

Die speler van die wedstryd was Vian van Rensburg.

Heidelberg en Benoni bid saam na die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button