Negentig-jarige is nuwe beskermheer vir Eenheid Vlakvark
Willie Pretorius het in 1959 by die SA Vloot aangesluit en is nou ook 'n lewenslange lid van die eenheid.
Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging, Eenheid Vlakvark het op 5 April in Nigel vergader, waartydens een van die eenheid se lede as die nuwe beskermheer bekend gestel is.
Kapelaan Sakkie van Zyl het die verrigtinge op die gepaslike manier afgeskop het skriflesing en gebed.

Die eenheid se voorsitter, Karel Groesbeek het almal hartlik verwelkom.

“Ons as ‘n eenheid is besig om mooi te groei en die ledetal is besig om nuwe hoogtes te bereik. Ons is hier om mekaar by te staan en te ondersteun” het Groesbeek gesê.
Nadat die formele verrigtinge afgehandel is, is die benoemings vir die nuwe beskermheer op tafel gelê.
Na die benoeming is Willie Pretorius (90) as die nuwe beskermheer van Eenheid Vlakvark bekend gestel.
Pretorius het ook lewenslange lidmaatskap van die eenheid gekry.
Willie Pretorius het in 1959 by die SA Vloot aangesluit.

Hy het ook 17 jaar in die kommando’s gedien as stafsersant en is deel van Eenheid Vlakvark sedert die totstandkoming daarvan sowat drie jaar gelede.
“Dit is ‘n voorreg om die beskemheer te wees en ek bedank almal,” het Pretorius gesê.

Die eenheid is steeds besig met verskeie projekte waar hulle behoeftiges in die gemeenskap met ondermeer kospakkies, rolstoele en bystand help.
Op 1 Junie sal Eenheid Vlakvark ook by die Voortrekker Monument teenwoordig wees vir die jaarlikse kranslegging.
Persone wat meer oor die eenheid te hore wil kom kan vir Karel Groesbeek by 076 027 4359 kontak.



