Local news

Talent en kreatiwiteit spog by Heigel Fotoklub se April-byeenkoms

Die klub is oop vir fotograwe van die Nigel en die Heidelberg omgewing.

Lede van die Heigel Fotoklub het op 9 April die klub se maandelikse kompetisie bygewoon.

Die klub se voorsitter, Dawie de Villiers het almal verwelkom en bygevoeg dat lede nie moet huiwer om hul foto’s in te stuur vir beoordeling nie.

“Dit is immers ‘n goeie manier om te leer en te verbeter,” het de Villiers gesê.

Tydens die vergadering is die sowat 50 foto’s wat vir Aprilmaand ingeskryf is, bespreek en die wen foto’s is ook aangewys.

Die senior foto wenner, Saalbekoievaar is deur Danie Marais geneem.

Die wenners is as volg aangekondig:

Die tema vir April was: Kosmos.

Beste tema (Kosmos) wenner: Cosmos Beauty deur fotograaf Carin du Bois.

Algehele wen foto: Floris se Baard deur fotograaf Carin du Bois en beste senior foto wenner: Saalbekooievaar deur fotograaf Danie Marais.

Die volgende bymekaarkoms sal op 14 Mei plaasvind.

Persone wat meer inligting oor die klub wil hê, kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 of die onder-voorsitter, Eugene Viljoen by 068 674 2541 kontak.

Die beste tema (Kosmos) wenner is Cosmos Beauty deur Carin du Bois.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button