VLU Rensburg tak klink ‘n glasie op top prestasies
Yolande Kingbiel is as nuwe ondervoorsitter verkies. Kingbiel het ook 'n trofee ontvang vir haar landbou-item wat by die onlangse kongres as die beste beoordeel is.
Die VLU Rensburg-tak het op 8 April tydens hul vergadering ‘n glasie geklink op hul 52ste bestaansjaar.
Toekennings vir die lede se konferensie items is ook uitgedeel en lede het knopies ontvang vir jarelange lidmaatskap.
Die voorsitter, Susan Smit, het genoem ‘n paar lede het bedank, waaronder Marty Jerling, die ondervoorsitter.
Die tak se getalle het dit toegelaat om ‘ n nuwe ondervoorsitter tydens die vergadering te kies. Yolande Klingbiel was to hierdie posisie verkies.
Smit het die dames bedank vir hul deelname aan die kongres en haar trots uitgespreek teenoor die tak se top prestasies.
VLU Rensburg-tak was erken as die tak met die meeste punte en die tak was ook pro-rata die beste tak.

Klingbiel se landbou-item was as die beste beoordeel en daarvoor het sy ‘n trofee ontvang.
Smit het ook heelwat items ingestuur vir die kongres en het ‘n prys ontvang vir die meeste punte tydens die kongres.
Knopies vir lidmaatskap is ook uitgedeel. Jeanie Boshoff, Elmaire Eygelaar, Driekie Janse van Rensburg, Klingbiel en Smit het knopies ontvang vir vyf jaar lidmaatskap, Stienie Venter vir 10 jaar en Babsie Knoesen en Heilie van den Berg vir 20 jaar.
Die vergadering was gevul met wenke oor hoe om met slegs tien steke die mooiste items te brei en hoe om mieliebrood in die mikrogolf te bak.
VLU se persoonlikheid van die jaar is Antoinette Pienaar en Minette Roodt het ‘n oorsig oor Pienaar se veelsydige loopbaan en leefwyse gedeel.
Behalwe vir skilder, drama, toneelspeel en sing, is sy ‘n skrywer.

Een van die aanhalings uit Pienaar se boek was Sit jou glo voor jou jou bang.
Die lede het aanklank gevind by die aanhaling wat verwys na die idee dat geloof en positiewe denke sterker as vrees moet wees.
“Dit beteken dat jy jou vertroue, hoop en geloof moet laat lei, eerder as om jou bang en bekommernisse jou aksies te laat bepaal,” het Roodt genoem.
Nog ‘n gewilde onder die VLU takke, is Susan Coetzer, wat vanjaar die VLU skrywer van die jaar is.
Coetzer sal later die jaar optree as gassppreker en die VLU lede is hard besig om fondsinsameling inisiatiewe te reël om kostes te dek vir haar optrede.
Die voël van die jaar wat bespreek was, is die Rooibek Renostervoël en Elmarie Eygelaar het ‘n paar interessante feite van die voël gedeel.

In tradisionele VLU styl is daar na die vergadering se verrigtinge gesmul aan tuisgebakte lekkernye en veral aan die verskillende mieliebrode wat gebak is.
Die volgende vergadering sal op 13 Mei plaasvind.
Vir meer inligting, kontak Susan Smit by 084 568 2837.



