Elkana Koor lei Paasfees in by Suikerbosoord
Die optrede van die Elkana Koor, oor die Paastyd is altyd 'n hoogtepunt vir die inwoners van die Suikerosoord.
Die Elkana Koor het onlangs hul jaarlikse Paasfees optrede by Suikerbosoord gehou.
Die byeenkoms was deur Theuns Steyn met skriflesing en gebed geopen en die tema vir die geleentheid was ‘Brood van die Lewe’.

Die koor was uitstekend deur Elmarie Grobler, wat die gehoor ook op sang getrakteer het, begelei.

Marlene Walkden, Suikerbosoord se maatskaplike werker het die geleentheid afgesluit en almal bedank wat ‘n hand in die optrede gehad het.

“Almal het terugslae en verliese in die lewe. Hou vas aan jou geloof en moet nie kort paaie neem na die ewige lewe nie. Die lewe is ‘n opwindende reis en dit moet ten volle geniet word,” het Walkden gesê.




