Local news

Jou bloed kan ’n lewe red, maak ’n verskil vandag

Kyk uit vir die SANDB se mobiele eenhede waar bloed geskenk kan word.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) is bloedskenking, veral gedurende Paasfees, van kardinale belang omdat bloedvoorrade geneig is om gedurende vakansietye afneem, terwyl die behoefte aan bloed konstant bly en selfs toeneem as gevolg van moontlike ongelukke.

’n Enkele bloedskenking kan tot drie lewens red, en dit is ’n manier om terug te gee en ander te help, veral diegene wat dalk bloedoortappings benodig tydens noodgevalle of vir deurlopende mediese behandelings.

Kyk uit vir die SANBD se mobiele eenhede by die Heidelberg winkelsentrum se parkeer area asook die Victorian Village Sentrum waar bloed geskenk kan word.

Dit is ‘n daad van gemeenskapsdiens wat nie net die ontvangers nie, maar ook die skenkers self bevoordeel.

Pieter Dyksterhuis het op 12 April ook sy deel gedoen om ‘n lewe te red.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button