Local news
Paasvreugde vir Suikerbosoord-inwoners
Die Suikerbos Voortrekker Kommando kuier jaarliks by Suikerbosoord.
Die inwoners van Suikerbosoord het op 14 April hul jaarlikse Paasbederf van die Suikerbos Voortrekkerkommando ontvang.
Die leier van die Heidelberg Voortrekkers, Dawie de Villiers, het die geleentheid met skriflesing en gebed begin.

Die jong Voortrekkers is daarna in groepe opgedeel om Paaseiers aan die inwoners van die oord te oorhandig.
Die Voortrekkers vergader elke Maandag by die Gereformeerde Kerk se terrein.

Die jongmense word onderrig oor hulle kultuur, geskiedenis, samewerking, kamp en nog vele meer.
Belangstellendes wat by die Voortrekkers wil aansluit, kan Dawie de Villiers by 084 600 5765 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



