Local news

Tannie Stofie van Suikerbos Aftreeoord word 99

Dit was vir haar 'n roeping om ander te leer en vandaar het sy die onderwys as loopbaan geskies.

An-Sophie Pruis, of Tannie Stofie soos sy bekend is, is ’n geliefde inwoner van Suikerbos Aftreeoord.

Sy het op Moedersdag, 11 Mei, haar 99ste verjaarsdag in styl saam met familie en vriende by die Rooihaan Restaurant gevier het.

An-Sophie is op 11 Mei 1926 op Hartbeesfontein, Frankfort, gebore.

Sophie en Piet Pruis my haar aftrede.

Haar nooiensvan was van der Walt en sy was die tweede van ses dogters.

Sy het haar laerskool- en hoërskool loopbane op Petrus Steyn voltooi.

Haar passie was om ander te lei en te leer, en sy het van 1945 tot 1947 aan die Heidelberg Onderwyskollege gestudeer.

Sy het vir die eerste keer die klaskamer betree, om haar liefde vir die onderwys uit te leef in Westdene, Johannesburg.

An-Sophie Pruis op haar 99ste verjaarsdag.

Daarna het sy na Greylingstad verhuis, waar sy verder haar roeping as onderwyser nagestreef het.

Sy is op 15 Desember 1951 met ’n slagter van Greylingstad, Piet Pruis, getroud.

Nadat sy eers voltyds na hul vyf kinders omgesien het, het sy in 1967 weer begin skoolhou tot op die ouderdom van 60 jaar, toe sy afgetree het.

Piet Pruis is op 14 November 1989 oorlede.

In Mei 2001 het Tannie Stofie Suikerbos Aftreeoord haar tuiste gemaak, waar sy in huis nommer 238 gewoon het tot in Julie 2020. Sy was daarna ’n inwoner van Silwer Akker en in 2024 het sy Goue Akker haar woning gemaak.

An-Sophie Lourens het almal bedank.

Volgens Pruis se familie het An-Sophie die lewe ten volle geleef en haar stempel afgedruk op almal wat met haar in aanraking gekom het.

Daar is 12 kleinkinders en 17 agterkleinkinders wat haar nalatenskap verder sal dra.

“Ons sê dankie aan al die engele wat dag en nag na ons ma kyk en haar versorg; dit word opreg waardeer,” het An-Sophie Lourens, haar dogter, gesê.

“Ons as familie is dankbaar dat ons ma vir 99 jaar gespaar is. Dit is die beste Moedersdag geskenk waarvoor ons kon vra,” het Lourens bygevoeg.

An-Sophie Pruis word deur haar familie omring op Moedersdag en haar verjaarsdag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 9 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button