Local news

Volkskool dansers is lig op hul voete

Die twee talentvolle dansers kan nou in Ierland en Spanje deelneem.

Twee dansers van Hoër Volkskool, Liané du Plessis en Corné Fourie, het onlangs hul vaardighede op nasionale vlak ten toon gestel en gaan nou internasionaal hul staal wys.

Liané (Graad 10) het onlangs aan die WLDF (World Lyrical Dance Federation) kwalifiserende kompetisierondes deelgeneem.

Sy het onderskeidelik ’n tweede plek en ’n eerste plek behaal. Hiermee kwalifiseer sy om Suid-Afrika te verteenwoordig by die wêreld kampioenskappe in Ierland.

Corné Fourie.

Liané het verder ook gekwalifiseer vir die National Eisteddfod Academy (NEA) Young Performer toekennings.

Corné Fourie (Graad Nege) het aan die Dance World Cup deelgeneem en ’n derde plek gekry, wat beteken het dat hy gekwalifiseer het om Suid-Afrika in Spanje te verteenwoordig.

Corné het ook gekwalifiseer vir die halfeind van die NEA Young Performer toekennings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button