Local news
Medelye oor die afsterwe van Johann Strauss stroom in
Heraut het 'n onderhoud met sy seun Karl gevoer en ook met die personeel van Suikerbosrand Makelaars gesels oor die groot sagte reus wat nou sag rus. Die huldeblyk berig sal in die volgende uitgawe van Heraut wees.
Die gemeenskap van Heidelberg het met hartseer verneem van Johann Strauss (74) se afsterwe.
Johann is die mede-stigter van Suikerbosrand Makelaars en is ‘n geliefde en bekende figuur in Heidelberg.
Hy is op 17 Mei oorlede weens komplikasies na ‘n onlangse rugoperasie.
Die HERAUT het ‘n eksklusiewe onderhoud met sy seun, Karl gevoer.
Lees dié huldeblyk aan hierdie steunpilaar en wyse sakeman in volgende week se uitgawe van die HERAUT.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



